DA beskuldig Mashatile van oneerlikheid
Die DA het adjunkpresident Paul Mashatile van oneerlikheid beskuldig oor sy BBP-beskermingseenheid se aanranding op drie Weermag-rekrute in Johannesburg. Een van die agt amptenare het aan die landdroshof in Randburg gesê Mashatile was wel deel van die konvooi. Mashatile het vroeër ontken dat hy teenwoordig was tydens die aanranding op die N1-snelweg. Die DA se nasionale woordvoerder vir polisiesake, Andrew Whitfield, sê Mashatile moet aanspreeklik gehou word omdat hy na bewering versuim het om sy mandaat kragtens die Grondwet te handhaaf.