Farmers Meat Market sluit aanleg vroeër vir opgraderings
Farmers Meat Market by Mariental het in ‘n brief aan produsente aangekondig dat die skaapvleis-aanleg vir instandhoudingswerk vanaf 7 Augustus tot 4 September gesluit sal word. Aanvanklik was die sluitingstydperk beplan vir 18 Augustus tot 4 September, maar dit is nou vervroeg. Die maatskappy sê met die bykomende markte van Europa en die Amerikas en verdere nuwe vereistes, het dit noodsaaklik geword om hierdie datums te verander. Dit sal die maatskappy tyd gee om aansienlike instandhouding, verbeterings en opgraderings aan die aanleg te doen. Verslagtings sal dus nie in hierdie tydperk plaasvind nie en geskuif word.