Swakop-vrou môre in hof oor helikopter-ongeluk

Die helikopter-ongeluk wat verlede week die lewens van die 54-jarige vlieënier Jacques Jacobs en die 29-jarige lugvaartingenieur Dirk von Weidtz by Swakopmund geëis het, het tot die inhegtenisneming van ‘n 34-jarige werknemer van Namibia Base Aviation gelei. Die vrou verskyn môre in die landdroshof op die kusdorp op klagte van bedrog en vervalsing. Volgens die Namibiese polisie het die eienaar van die maatskappy die klag aanhangig gemaak. Die verdagte het na bewering dokumente vervals vir die registrasie en toetsvlug van die Robinson R44-helikopter. Die polisie het by haar huis en kantoor op verskeie fone en rekenaartoerusting beslag gelê. Die hoofwoordvoerder van Nampol, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…