Ouers, pasop by wie jy jou kinders vertrou
Die voormalige kinder-advokaat in die kantoor van ombudsman waarsku ouers om uiters versigtig te wees met wie hulle hul kinders vertrou. Dikwels ken minderjarige slagoffers van verkragting die oortreders goed, wat selfs familielede is. In die jongste voorval sou ‘n 37-jarige familielid van ‘n 14-jarige meisie vandag in die landdroshof op Tsumeb verskyn nadat hy haar haar glo herhaaldelik in April en Julie verkrag het. ‘n Mediese dokter het bevestig sy is tien weke swanger. Kosmos 94.1 Nuus het met advokaat Ingrid Husselmann gesels…