Krieket: Konflik oor deelname aan SA20 en toetse
Krieket: ‘n Oënskynlik onoplosbare konflik het ontstaan tussen Suid-Afrika se deelname aan die Wêreld-toetskampioenskap en die SA20, wat Krieket Suid-Afrika beskou as die land se finansiële toekoms. Op die oomblik moet die Proteas op 29 Januarie ‘n opwarmingswedstryd speel ter voorbereiding vir ‘n reeks van twee toetse in Nieu-Seeland wat op 4 Februarie begin. Dit sal beteken die land se beste spelers gaan minstens die laaste tien dae van die SA20 misloop. KSA het volgens berigte die ses spanne in die SA20 beloof al sy nasionale spelers sal deurentyd deelneem.