Lesufi gee glo misleidende inligting oor ontploffingJuly 21, 2023
Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, is beskuldig van inmenging en die verkeerde hantering van inligting oor Woensdag se dodelike ondergrondse ontploffing in die Johannesburgse middestad. Die stad se burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekerheid, Mgcini Tshwaku, beweer die premier het sy departement ondermyn omdat hy misleidende inligting aan die publiek verskaf het. Tshwaku sê Lesufi bevorder sy eie politieke agenda.