Somalië loop deur onder oorstromings

Die Verenigde Nasies sê die oorstromings in Somalië het nóg 24 000 mense haweloos gelaat. Meer as 468 000 mense het onder die seisoenale vloede deurgeloop en ongeveer 30 mense het gesterf, terwyl infrastruktuur beskadig en duisende hektaar grond oorstroom is. Meer as 30 dorpe oos van Jowhar is steeds afgesny bly afgesny en slegs per boot bereikbaar. Die VN sê, in weerwil van beperkte befondsing, het 94 persent van die vloedslagoffers in Belet Weyne noodhulp ontvang, maar bykomende hulpbronne is dringend nodig om die noodlenigingsaksie vol te hou.