Duiwelsklou is deel van waarde van biodiversiteit-ekonomie

Die omgewingsministerie sê duiwelsklou kan goeie inkomste vir Namibiese kommunale bewaringsgebiede inbring met groot medisinale markte wat oorsee gevestig is. Die ministerie, met ondersteuning van die GIZ-projek Biodiversiteits-ekonomie bied opleiding aan duiwelsklou-oesters en handelaars in die Waterberg-omgewing aan. Meer as 40 Lede van met vier bewaringsgebiede wat die opleiding by Okakarara bywoon, sal sertifikate en oes-toerusting ontvang. Die direkteur van wildlewe en nasionale parke in die ministerie Bennett Kahuure, sê dit is deel van die waarde van biodiversiteit-ekonomie.