Transnet se hawe-owerheid soek na vennote in privaat sektor

Transnet se nasionale hawe-owerheid soek na vennote in die privaat sektor om die houervermoë van die Richardsbaaise hawe in KwaZulu-Natal uit te brei. Die afdeling vra voorstelle om ‘n houerhanterings-aanleg vir ‘n termyn van 25 jaar te befonds, ontwerp, ontwikkel, bedryf, in stand te hou en oor te dra. Die nuwe aanleg sal na verwagting druk op die huidige hanteringsgerief verlig, wat die houervermoë kan verviervoudig. Die versoek om voorstelle volg op ʼn suksesvolle ontleding van markverwagting wat dui op belangstelling van die privaatsektor om in die projek te belê.