Gordhan herhaal Eskom word nie geprivatiseer
Die buurland se minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het herhaal Eskom sal nie geprivatiseer word nie, en bevestig daar is geen regeringsbeleid wat dit ondersteun nie. Gordhan het in ‘n skriftelike antwoord aan die Nasionale Raad van Provinsies gesê om Eskom in staatsbesit te hou, bevoordeel die burgers, nie die ANC nie, aangesien die onderneming aansienlik bydra tot ekonomiese en maatskaplike welstand. Die kragvoorsiener se ondoeltreffendheid veroorsaak egter skade aan die ekonomie, insluitend met die ernstige beurtkrag. Die minister sê die voorsiener word in drie filiale verdeel, naamlik transmissie, verspreiding en opwekking.