Familie sê daar is min hoop vir Bradley  

Familie van die akteur Bradley Olivier, beter bekend as Danny Jantjies in Binnelanders, het vandag in ‘n mediaverklaring bevestig dat hy tans op lewensondersteuning is nadat hy Maandagaand in die hospiaal opgeneem is. Die familie sê hy het die beste moontlike mediese sorg en aandag van Life Flora-hospitaal ontvang, maar ten spyte van hul onvermoeide pogings, het dit duidelik geword dat hy ‘n punt bereik het waar herstel nie meer moontlik is nie. Die familie sê hulle onthou Bradley vir sy merkwaardige talent, passie en die positiewe invloed wat hy op talle lewens gehad het. Kosmos 94.1 Nuus vra hiermee om verskoning aan die familie vir ‘n voortydige berig en nadat drie betroubare bronne bevestig het dat hy gesterf het.