ANC vra dat rentekoerse nie verhoog
Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana, het die ANC se oproep verwerp om gesprekke te voer met die Suid-Afrikaanse Reserwebank oor die bekamping van inflasie. Die ANC het dringende gesprekke met die bank versoek om aandag te skenk aan die stygende lewenskoste, sonder om rentekoerse te verhoog. Godongwana het die bank se onafhanklikheid herbevestig en sê besprekings oor die aangeleentheid sal nie plaasvind nie. Die sentrale bank se aankondiging oor rentekoerse word môre verwag. Ekonome verwag ‘n verhoging van 25 basispunte in die terugkoopkoers tot 8,5 persent.