Covid-19: Herstelkoers staan op 97,5%
Geen Covid-sterfte is volgens die jongste Covid-verslag van die gesondheidsministerie aangemeld nie, met die totaal sterftes wat steeds op 4 098 staan. Daar is altesaam 32 aktiewe gevalle, waarvan slegs een nuwe geval. Drie pasiënte is in hospitale opgeneem, waarvan niemand in ‘n intensiewe-sorg-eenheid is nie. Die positiewe koers staan tans op 12,4 persent en die herstelkoers op 97,5 persent.