Amerikaanse dollar verswak oor laer inflasie, maar dit sal weer draai

Dit wil voorkom asof daar binnekort verligting kan wees vir die Suid-Afrikaanse rand en Namibiese dollar met die Amerikaanse geldeenheid wat met amper 5 persent in die afgelope week teruggesak het. Dit kom na inflasie-syfers laer ingekom het in die VSA wat moontlik rentekoerse sal verlaag. Die wisselkoers is op die oomblik 17,90 teen die Amerikaanse dollar. Die bekende ekonoom Dawie Klopper verduidelik die daling maar sê, die stand van sake kan weer draai…