Sluipmoord op DRK-opposisieleier sal tot onbestendigheid lei

Daar word vermoed die sluipmoord op die opposisieleier Cherubin Okende in die Demokratiese Republiek van die Kongo was polities gemotiveerd. Die DRK berei voor vir ‘n algemene verkiesing in Desember. Okende was ‘n aktiewe deelnemer aan die presidensiële verkiesing en het die Ensemble pour la République-party verteenwoordig. Sy liggaam is verlede week in ‘n motor opgespoor nadat hy in Kinshasa ontvoer is. Die Afrika-ontleder Jean Bwasa sê politieke onbestendigheid kan op die sluitmoord volg: