DA steun nie staatsbeheerde bank in Gauteng

Die DA in Gauteng sê hy sal nie die stigting van ‘n provinsiale staatsbeheerde bank steun nie. Die party het ‘n gedetailleerde lys met vrae aan die LUR vir Finansies, Jacob Mamabolo, voorgelê oor die stigting van so ‘n bank en farmaseutiese onderneming. Die DA-lid Adriana Randall sê die party eis ‘n afskrif van die omsigtigheids-ondersoekverslag van die Reserwebank waarin die groen lig gegee is om die Staatsbank te stig.