Vleisraad van Namibië sê speelkalfpryse styg effe

Die prys van speenkalwers daal sedert die begin van die jaar, te midde van produsente wat dringend ‘n mark vir hul diere soek weens die droogte-toestande, maar tog is dit besig om weer effe te klim. Volgens die Namibiese Landbou-unie is die veilingspryse vir Julie vir gemengde tollies en verse 26 Namibiese dollar 27 sent per kilogram, vir tollies 29 dollar 21 sent per kilogram en vir verse 25 dollar 96 sent per kilogram, wat ‘n toename is vergeleke met verlede maand. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete, bemarkingshoof by die Vleisraad van Namibië, gesels…