Verdere daling in inflasie verwag
Reaksie is ontvang van ’n ekonoom oor die Namibiese Statistieke-agentskap se Verbruikersprys-indeks vir Junie wat aandui dat die inflasiekoers besig is om te daal. Jaarlikse inflasie het tot 5,3 persent gedaal vanaf 6 persent in Junie verlede jaar en 6,3 persent in Mei vanjaar. Terwyl voedsel en nie-alkoholiese drank die grootste bydraer tot inflasie bly, het vervoer hoofsaaklik tot die daling in inflasie gedurende Junie bygedra. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Robert McGregor gepraat…