Biden: VSA se toewyding aan Oekraïne sal nie verflou
Amerikaanse President Joe Biden sê die VSA se toewyding aan Oekraïne sal nie verflou nie. Hy het op die laaste dag van die twee daagse Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie se beraad in Litaue gepraat. Navo het bevestig Oekraïne sal by die alliansie aansluit sodra sekere voorwaardes nagekom word. President Volodymyr Zelensky het egter die vertraging as absurd beskryf. Biden sê almal wil hê die oorlog tussen Rusland en Oekraïne moet volgens regverdige voorwaardes eindig, wat die Verenigde Nasies se handves, soewereiniteit en gebiedsintegriteit handhaaf.