Volksmoord-museum fokuspunt in parlement
Namate die debat oor die Nama-Herero-volksmoord-monument vandag die fokuspunt in die Nasionale Vergadering inneem, is voorstelle gemaak vir die datum van herdenking en die ligging van die gedenksentrum of -museum. Joseph Kauandenge van Nudo wie se party hierdie mosie ter tafel gelê het, sê hierdie monument sal baie toeriste lok en het daarom voorgestel dat dit in die hoofstad opgerig word.