Atletiek: Caster dankbaar oor hofbeslissing

Atletiek: Suid-Afrika se dubbele Olimpiese 800 meter-kampioen, Caster Semenya, loof die uitspraak van die Europese Hof vir Menseregte wat beslis het Switserse howe het haar regte geskend. Daar is bevind daar is teen haar gediskrimineer deur reëls wat van haar verwag om haar testosteroonvlakke te verlaag. Semenya sê in haar verklaring by monde van haar prokureurs geregtigheid het geseëvier en dit is maar nog net die begin. Sy hoop die uitspraak sal verseker dat alle sportliggame die waardigheid en menseregte sal respekteer van alle atlete met wie hulle te doen het.