Cyril sê goeie platform is vir ANc vir verkiesing geskep

Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê hulle het ‘n goeie platform vir die regerende party gevestig om aan volgende jaar se algemene verkiesing deel te neem en as oorwinnaars uit die stryd te tree. Hy het die afsluitingstoespraak gelewer tydens die vergadering van die nasionale uitvoerende komitee in Ekurhuleni. Ramaphosa sê die hersiening van die ANC-verkiesingsmanifes was ‘n leerkurwe en noodsaaklik in die aanloop tot die verkiesing.

Intussen sê Ramaphosa hy en adjunkpresident Paul Mashatile het met elke minister vergader om hul sleutelprioriteite te verstaan. Hy sê dít is die prioriteite waaraan hulle gemeet sal word.