DA vaar uit oor kragonderbrekings in Vrystaatse koue

Die DA in die Vrystaat sê die Ngwathe plaaslike munisipaliteit word sedert verlede Maandag deur kragonderbrekings geteister wat inwoners van Parys sonder elektrisiteit gelaat het. Saal de Jager van die party sê ná ondersoeke, het dit aan die lig gekom swak beplanning tussen die tegniese afdeling en die munisipale aankope-departement het veroorsaak dat noodsaaklike toerusting nie beskikbaar is nie en dit het tot die kragonderbrekings gelei.