Stad Kaapstad takel onwettige vullisstorting
Die Stad Kaapstad se wetstoepassers sê daar was ‘n skerp toename in voertuie wat geskut word en boetes wat uitgereik word weens vullis-storting in openbare ruimtes. Sedert Julie 2021 tot Maart verlede jaar is 47 voertuie wat by onwettige stortings betrokke was, geskut. Dié getal het van Julie verlede jaar tot Maart vanjaar tot 132 geklim wat ‘n toename van 181 persent is. Die burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, sê boetes wat uitgereik is onder die Geïntegreerde Afval-verordening het ook met 171 persent gestyg.