Yellen: Wêreld is groot genoeg vir VSA en China
Die Amerikaanse minister van finansies, Janet Yellen, sê die wêreld is groot genoeg vir Amerika en China en albei lande kan vooruitgaan. Sy het haar besoek van vier dae aan Beijing, wat daarop gemik was om die verhouding tussen die wêreld se twee grootste ekonomieë te stabiliseer, afgesluit. Die verhouding tussen Amerika en China is op ‘n laagtepunt weens nasionale veiligheidskwessies, insluitend Taiwan, Amerika se uitvoerverbod op gevorderde tegnologie en China se staatsgeleide nywerheids-beleide. Yellen sê haar besoek het bande met China op ‘n veiliger grondslag geplaas en die weg gebaan vir beter kommunikasie.