Meer as 80% Namibiërs het nie mediese fonds

Slegs 450 000 van die Namibiese bevolking van sowat 2,5 miljoen het mediese dekking wat hulle toegang gee tot uiteenlopende gesondheidsdienste, spesialiste en mediese tegnologieë wat nie by openbare gesondheidsfasiliteite beskikbaar is nie. Dit laat ongeveer 82 persent van die land se bevolking oor aan die genade van staatsgesondheidsorg wat sukkel met tekorte aan noodsaaklike medisyne, toerusting en gekwalifiseerde mediese personeel. Minder as 210 000 Namibiërs is lid van private mediese fondse, terwyl die res deur die regering se mediese hulpskema gedek word. Volgens ‘n Namfisa-verslag slurp hospitale en apteke meer as 50 persent van hierdie mediese fonds-bydraes op.