Nederlandse koalisie-regering stort in duie

Die Nederlandse regering het in duie gestort, nadat ‘n ooreenkoms oor beperkinge op immigrasie nie bereik kon word nie. Die regering van die eerste minister, Mark Rutte, wou die invloei van assielsoekers na Nederland beperk. Twee partye van die vierparty-koalsie het egter nie die stap gesteun nie, wat ‘n einde aan Rutte se koalisie gebring het. Die koalisie sal egter aanbly as tussentydse regering totdat ‘n verkiesing gehou is. Dit kan egter maande neem weens die Nederlandse verdeelde politieke landskap.