Uitdagings met olifante en nekbande in die noordweste
Mens-olifant-konflik is ‘n groot uitdaging in Namibië veral in die Noordooste en Noordweste met olifante wat gereeld plase en nedersettings besoek op soek na kos en water, waar hulle heinings, damme en watertenke beskadig en landerye verwoes. Dit veroorsaak konflik tussen die olifante en ekonomies kwesbare gemeenskappe, maar kommersiële boere in die Noordweste kla gereeld dat hulle deurloop onder troppe olifante. Sake vererger blykbaar as gevolg van die droogte toestand sowel as die feit dat die nekbande se batterye pap geword het. Piet Gouws, ‘n boer in die Kamanjab-omgewing het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die vroeë waarskuwingstelsel vir olifante wat met nekbande toegerus is.