Nust se uitgerekte stryd in NV bespreek
Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie se uitgerekte stryd tussen lede van die voormalige raad sowel as binnegevegte onder senior lede van sy bestuur het vandag in die parlement onder bespreking gekom. Die universiteit onder die voormalige raadsvoorsitter, Florette Nakusera, het om al die verkeerde redes opslae gemaak van bewerings van nepotisme, stamverwantskap, magsmisbruik en diefstal wat uitgeloop het op ‘n voortgesette ondersoek deur die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië. Die PDM-LP Maximalliant Katjimune het vandag in die parlement aan die minister van hoër onderwys, Itah Kandjii-Murangi, gevra wanneer die aanstellings van nuwe raadslede sal wees aangesien die termyn van die voormalige raad verlede Vrydag verval het.