Sokker: Banyana Banyana en Safa bereik ooreenkoms

Sokker: Die Suid-Afrikaanse sportminister, Zizi Kodwa, sê die geskil tussen Banyana Banyana en Safa is bygelê. Die Wêreldbeker-groep was midde-in ʼn geskil met die nasionale beheerliggaam oor bonusse vir die Wêreldbeker en deelnamegeld. Die span het daarop besluit om hulle afskeids-wedstryd Sondag teen Botswana te boikot. Kodwa het ʼn mediakonferensie meegedeel die geskil is besleg na ʼn ruim skenking van die president van die Konfederasie van Afrika-sokker, Patrice Motsepe, deur middel van sy stigting.