Die wêreld kyk weg terwyl Israel straffeloos moor

Die hoof van die Palestynse sending in die Verenigde Koninkryk, ambassadeur Husam Zomlot het met Britse media gepraat oor Israel se inval in Jenin wat beskryf word as die grootste sedert 2002. Alle troepe is na twee dae onttrek. Drie tieners is onder die dodetal en die VSA sê Israel het die reg om homself te verdedig teen terrorisme. Zomlot sê dit verbaas nie.

Hy voeg by dat kinders in die vlugtelingskamp, en hul ouers en grootouers sedert 1948 ontheem is met die stigting van die land van Israel.