Omaheke kinders wat van honger sterf is skok, en skande

Die voormalige ombudsman advokaat John Walters het reageer op berigte dat 45 kinders onder die ouderdom van vyf vanjaar aan wanvoeding in die Omaheke-streek dood is. Die streek se gesondheidsowerheid sê Omaheke het sedert Januarie 132 gevalle van wanvoeding aangeteken. Walters sê die nuus is nie net ‘n skok nie, dit is ‘n skande.