Amnestie Internasionaal verwerp die verkiesing van Iran se nuwe president

Amnestie Internasionaal het die verkiesing van die ultra-konserwatiewe geestelike leier
Ebrahim Raisi as Iran se nuwe president verwerp. Die menseregte-organisasie sê Raisi
moes liewer ondersoek word vir misdade teen die mensdom soos moord, gedwonge
verdwyning en marteling. Rusland se president, Vladimir Putin, het Raisi egter
gelukgewens en gesê hy hoop die konstruktiewe bilaterale samewerking tussen die
twee lande sal verder ontwikkel. Kenners sê die uitslag van die verkiesing is nie ‘n
verrassing nie omdat talle politieke swaargewigte verhinder is om aan die wedloop om
die presidentskap deel te neem.