Leierskap ontbreek in plaaslike owerhede – Uutoni

Misverstande en voortdurende binnegevegte duur voort in die Okahandja-munisipaliteit wat ‘n impak op dienslewering het. Die afgelope weke en maande het die inwoners van die dorp aanhou betoog vir grond. Die jongste nuus is dat die munisipaliteit deur die skuldinvorderaars Red Force eis dat die inwoners hul uitstaande water-rekeninge betaal. Plaaslike aktivis Sydney Gariseb het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is onmoontlik vir die inwoners om hul rekeninge te betaal sonder werksgeleenthede in die dorp. Hulle wil hê die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, moet Okahandja toe gaan om die uitdagings aan te spreek. Uutoni het met Kosmos 94.1 Nuus oor leierskap in plaaslike owerhede gepraat.