SAPD ondersoek voorval waar BBP-eenheid motor op snelweg stop, mense aanrand

Die Suid-Afrikaanse polisie het ‘n ondersoek van stapel gestuur na die beweerde aanranding op drie insittendes van ‘n privaat voertuig deur lede van sy BBP-eenheid. Die voertuig het langs ‘n Gautengse hoofpad gestaan. In die video op sosiale media kan gesien word hoe meer as ses lede van die BBP-beskermingseenheid ‘n groep mans, wat hulpeloos voorkom, aanrand. Die slagoffers het in ‘n Volkswagen Polo op die snelweg gereis. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die polisiebeamptes wat betrokke was asook die slagoffers is nou uitgeken: