Oekraïne verwelkom Den Haag-tribunaal oor Rusland

Oekraïne het die bekendstelling van ‘n sentrum vir die vervolging van die misdaad van aggressie teen Oekraïne in Den Haag verwelkom. Die sentrum sal bewyse versamel vir moontlike sake teen Russiese militêre en politieke leiers wat vir die oorlog verantwoordelik is. Die Oekraïnse aanklaer-generaal, Andriy Kostin, sê dis ‘n duidelike teken dat die wêreld verenig is om Moskou aanspreeklik te hou vir al sy misdade. Die Internasionale Strafhof het nie jurisdiksie om aggressie in Oekraïne te vervolg nie omdat dié land en Rusland nie die Statuut van Rome waarvolgens die hof tot stand gebring is, onderteken het nie.