Gesondheidsversekering sal las op belastingbetaler plaas

Die DA sê die ANC se voorstel van aansienlike belastingverhogings om die nasionale gesondheidsversekering te befonds, plaas ‘n onregverdige las op sukkelende belastingbetalers. Die Nasionale Vergadering het verlede maand die Wetontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering aanvaar wat daarop gemik is om ‘n universele gesondheidsversekering in te stel. Werkgewers en werknemers sal almal bydra tot die betaalstaatbelasting op dieselfde manier as wat bydraes tot die Werkloosheidversekeringsfonds gestruktureer is. Dion George van die DA sê sulke drastiese fiskale maatreëls kan tot wydverspreide belastingrebellie lei: