Voortslepende brande buite Rehoboth wek kommer 

Namibië se veldbrand-seisoen het in April begin en duur normaalweg tot in September. In 2021 het die land ‘n totaal van 3 miljoen hektaar verloor terwyl 2,4 miljoen hektaar in 2022 afgebrand het. Die Hardap-streek se burgerlike samelewings-organisasies-netwerk is ernstig bekommerd oor die voortslepende veldbrande buite Rehoboth. Die organisasie versoek die gemeenskappe van Rehoboth, die Hardap-streek en Windhoek om die brandbestryding-spanne met skenkings by te staan. Hiskia Nashuuta, die organisasie se bemarkings- en kommunikasiebeampte het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…