Visserye-minister bevestig rob-oeste begin

Die minister van visserye Derek Klazen het bevestig dat die oes van Kaapse pelsrobbe vir die seisoen vanaf Julie tot 15 November vanjaar begin het. Die kabinet het die kwota vir 80 000 welpies en 6 000 bulle vir die 2023-oesseisoen goedgekeur en verder ‘n drie jaar-tydperk vanaf 2023 tot 2025 vir die totale toelaatbare oes bekragtig. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude Dreyer, die mariene-bioloog van Ocean Conservation Namibia oor die rob-oeste gesels…