Alweendo stig Diamantraad

Die minister van myne en energie Tom Alweendo, het vandag die Diamantraad van stapel gestuur. Die raad is ‘n nie-kommersiële onderneming in staatsbesit met die doel om voorsiening te maak vir beheermaatreëls ten opsigte van onder meer die besit, aankoop en verkoop, die verwerking, invoer en uitvoer van diamante. Alweendo sê raad moet ingevolge die wetgewing bestaan.