Weerkenner sê oor El Nino die komende seisoen

Alle voorspellings in verband met die sogenaamde Enso-weerpatroon toon dat ‘n dominante El Nino-patroon moontlik tot ten minste volgende jaar Maart kan duur. Die aanduidings is ook dat die grootste dele van Namibië bogemiddelde temperature sal ervaar wat die uitdagings sal vererger. Namibië kan nie ‘n droë jaar bekostig nie, veral na die swak vertoning van die afgelope reënseisoen en brandskade wat opgedoen is. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan van den Berg, ‘n onafhanklike weerkenner in Suid-Afrika, gesels oor presies wat voorlê.