Mediese eise daal met 9% in vierde kwartaal

Namfisa het ‘n oorsig van mediese fondse in die vierde kwartaal van verlede jaar gepubliseer. Die owerheid sê eise deur lede het in die periode met 9 persent gedaal tot 1,1 miljard Namibiese dollar maar, op ‘n jaargrondslag het dit met amper 10 persent toegeneem. Die neigings toon dat eise stelselmatig in die eerste drie kwartale van 2022 gegroei het en toe afgeplat het met voordele wat opgeraak het. Hospitale en apteke het die grootste deel van die eise uitgemaak. Uitgawes deur die sektor wat nie medies verwant is nie, soos byvoorbeeld administratiewe kostes en meer, het in die vierde kwartaal 135,8 miljoen Namibiese dollar beloop.