SA se transmissie-infrastruktuur is kwesbaar – minister

Die buurland se minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het die kwesbaarheid uitgelig van die transmissie-infrastruktuur van die land se elektrisiteitsektor. Hy het inligting gedeel oor die instelling van die energie-aksieplan en gesê sy departement kry raad van kenners om met kragstasiebestuurders te skakel oor die transmissievermoë. Ramokgopa het die toenemende behoefte aan bykomende opwekkingsvermoë beklemtoon met meer burgers wat by die netwerk ingeskakel word. Hy sê die regering werk aktief aan die versterking van die transmissie-infrastruktuur om opwekkingsvermoë ‘n hupstoot te gee: