Oostenryk sluit aan by Europese Sky Shield-verdediging
Die neutrale land Oostenryk het gister sy voorneme aangekondig om aan te sluit by die Europese Sky Shield-inisiatief. Dit is is 2022 deur Duitsland van stapel gestuur teen die agtergrond van die oorlog in Oekraïne. In ‘n nuusverklaring sê die Oostenrykse kansellier, Karl Nehammer, hulle moet en sal voorsorg tref om hulle land te beskerm teen die risiko van hommeltuig- of missielaanvalle. Hy hou, wat hy noem, “‘n bedreiging wat aansienlik toegeneem het” voor. Hy benadruk, die besluit raak geensins die neutraliteit van Oostenryk nie, maar voeg by, geen Europese staat kan, op sy eie, sy lugruim doeltreffend teen nuwe gevare beskerm nie.