Jongste Wêreldbeker-erfenis-muurskildery in Kaapstad onthul

Die Stad Kaapstad het die jongste Wêreldbeker-erfenis-muurskildery by Bellville se Netbalklub onthul. Opgewondenheid is aan die opbou vir die eerste Wêreldbeker-toernooi in die sportsoort in Afrika wat van die 28ste van volgende maand tot die 6de Augustus in die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum plaasvind. Sestien lande sal om die wêreldtitel meeding. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê die opgewondheid vir die toernooi is beslis aan die toeneem: