Ekonoom stem saam dat repokoers nog lank hoog sal bly

Reaksie word ontvang op die aanmerkings deur die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank Lesetja Kganyago, dat die repokoers nie binnekort verlaag sal word nie. Kganyago sê die bank sal volhou met sy streng monetêre beleid in ‘n poging om volgehoue inflasie te laat daal. Omdat die Namibiese dollar gekoppel is aan die Suid-Afrikaanse rand, sal dié aanslag ‘n wesenlike impak op Namibiese huishoudings hê en die Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu stem saam. Hy sê hoër rentekoerse sal nog ‘n geruime tyd voort duur.