Burgerlugvaart is doodstil oor lughawe radar, maar laat weet vlieëniers…
Die radar by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe is sedert Donderdagoggend stukkend. Terwyl Kosmos 94.1 Nuus ingelig is dat die stelsel sedert November nie in volle werking is nie, sê die deurwinterde vlieënier en besturende direkteur van Skycore Aviation, Peter Keil, die stelsel is uiters belangrik vir operasionele veiligheid. Terwyl die uitvoerende direkteur by die burgerlike lugvaartowerheid, Toska Sem nog nie beskikbaar was vir kommentaar nie, is daar blykbaar reeds ‘n kennisgewing aan vlieëniers uitgereik. Keil het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.