Studente-unie vra NQA-ingryping in studiefooie

Die Namibiese Studente-unie sê die Weltwitschia Gesondheidsopleiding-sentrum se studiefooie is uitermatig hoog en verhoed studente met ‘n lae-inkomste agtergrond om sy kursusse te voltooi. Benhard Kavau, die unie se president, sê aan plaaslike media dat die registrasiefooi van meer as 3 000 Namibiese dollar, en die nodige 25 persent deposito vir studiefooie, beteken studente moet meer as 10 000 dollar betaal voor hulle kan begin. Kavau sê dat die instansie sy fooie moet afbring en eis ook dat die Namibiese Kwalifikasie-owerheid ondersoek instel na fooi-strukture. Die instansie wou nie kommentaar op die aangeleentheid lewer nie.