Britte raak sat vir Just Stop Oil-beweging

Die Britse gesondheidsminister Neil O’Brien sê die Just Stop Oil-beweging in Brittanje is besig om vyande te maak. Lede het die reeks om die As Woensdag bestorm en daar is ook ander betogings wat lede van die publiek ontstel omdat dit so selfsugtig is. O’Brien sê mense se lewens word somtyds in gevaar gestel.