Vakbonde moet wetgewing nakom – kenner
Reaksie word ontvang op berigte dat net 15 persent van die 61 instansies wat werknemers in die land verteenwoordig, die wetgewing ten volle nakom. Die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, Tim Parkhouse, sê dit is uiters belangrik dat die instansies registreer ingevolge die regulasies om te verseker dat hulle wel werkers kan verteenwoordig.